Die idee van die byeenkoms is om meer mense aan die sportsoort bekend te stel. 'n Erkende tweekampatleet kan kies aan watter item (swem of hardloop) hy/sy wil deelneem en nooi dan 'n nie-tweekampatleet om die ander been te voltooi. Dit word gesien as 'n belangrike deel van ontwikkeling en heelwat nuwe tweekampers word so gewen.
Die wenspan vir 2013 is Nicola Coertze en Aimee Salter (York) met 2396 punte gevolg deur Thabiso Panda en Dylan Barnard (Struisies) met 2348 punte in die tweede plek en Rebecca Coertze (York) en Francois Maquassa (Môrester SS) in die derde plek.
Amré McCallum en Dylan Blaauw (Struisies) is beloon met die ontwikkelingsprys met hulle totaal van 2215.
Eerskomende naweek vind die Groter Oudtshoorn/Highgate Interprovinsiaal op Oudtshoorn plaas waar meer as 400 atlete van ses provinsies deelneem. Toegang is gratis en dit begin alreeds Saterdagoggend 2 Februarie om 07:30.

Die wenspan vir 2013 is Nicola Coertze en Aimee Salter (York) met 2396 punte gevolg deur Thabiso Panda en Dylan Barnard (Strusies) in die tweede plek met 2348 en Rebecca Coertze (York) en Francois Maquassa (Môrester SS) in die derde plek. Amré McCallum en Dylan Blaauw (Struisies) is beloon met die ontwikkelingsprys met hulle totaal van 2215.