TUINROETE DISTRIK ATLETIEKNUUS - Eden-driekamp het verlede Sondag sy eerste ligabyeenkoms vir die seisoen in Groot-Brak aangebied.
'n Groot aantal atlete het hul opwagting gemaak om aan die Eden-driekamp se drie dissiplines, swem, bergfiets en hardloop resies, deel te neem.
Die bestuur van Eden-driekamp het die atlete vir hul samewerking met betrekking tot die nuwe Covid-reëls en protokolle, bedank.
Gerhard Liebenberg, voorsitter van Eden-driekamp, het gesê dis verblydend om te sien dat heelwat juniors wat sedert hul kleuterdae aan Eden-driekamp se byeenkomste deelgeneem het, nou ook in die senior byeenkomste begin presteer.
Eden-driekamp se volgende liga-byeenkoms word vir die 10de Januarie beplan.
Die geleentheid is onderhewig aan die finale goedkeuring van die owerhede. Almal is welkom om deel te kom neem. Dit sluit beginners, spanne en bergfietsryers ook in.
Sprint driekampuitslae
- Christian Hattingh
- Schalk Meintjies
- Madrè van Zyl
Standaard driekampuitslae
- Kobus Meyer
- Grant Lindique
- Heinrich Muller
Super sprint driekampuitslae
- Sebastiaan Swart
- Morgan Jones
- Lomè Gouws.
Christian Hattingh
Lelanie van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'