OUDTSHOORN NUUS - BestMed het onlangs bekend gemaak dat hulle nie hul drie jaar kontrak-borgskap van die Eden Straatmylreeks gaan verleng nie.
Volgens die Klein Karoo Atletiek Fonds (KKAF), organiseerder van dié straatmylreeks, het Bestmed aangedui dat hulle besig is om kostes te snoei en dat die Eden straatmylreeks tans nie deel is van hul bemarkings-strategie nie.
Die KKAF wil graag BestMed bedank vir hul logistieke en finansiële ondersteuning gedurende die drie jaar periode. Volgens die voorsitter van die KKAF, Hans van der Veen, is sy organisasie reeds in die proses om nuwe borgskappe vir dié gewilde reeks in 2019 te verseker.
Enige veranderinge sal op die KKAF se webtuiste www.edenmiles.co.za aangedui word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'