OUDTSHOORN NUUS - Die Klein-Karoo-straatmyl het Dinsdag 16 Desember vir groot opwinding gesorg toe vyf Klein-Karoo rekords gespat het die eerste vier atlete in die opemansafdeling ook droommyle onder vier minute gehardloop het.
Die Klein-Karoo-straatmyl is die tweede been van die Eden-straatmylreeks met wedlope in George,
Oudtshoorn en Hartenbos. George se straatmyl het die afgelope naweek plaasgevind en Hartenbos het op 18 Desember, plaasgevind.
Die eerste rekord is verbeter toe Chanane Barnard (14) van Hoërskool Zwatkop die myl in 5:02:15 kaf gedraf het. Die volgende rekord het in die daaropvolgende wedloop van seuns gespat toe Tristan Meyer (14) van SWD met 'n tyd van 4:35:36 oor die wenstreep is.
Nog twee rekords is met die volgende ouderdomsgroep, jeugseuns en jeugdogters gebreek deur Annabelle McEwan van Outeniqua Harriers (5:06:50 en Jac du Plessis van Boxer-atletiekklub (4:09:79). Hulle is albei 16 jaar oud.
Die vyfde rekord is oortref deur Andrea Steynberg van Potchefstroom met 'n tyd van 4:38:32. Sy is 18 en het in die junior vroueafdeling deelgeneem, maar met haar tyd die ope vrouerekord gebreek.
Keanu Domingo van Potchefstroom het die opemansafdeling gewen en die rekord met slegs 0,29 sekondes gemis. Sy wentyd was 3:53:29.
Die drie mansatelete na hom het elk 'n droommyl van onder vier minute gehardloop. Hulle was Jansen Bell (3:58:05), Matthew Endrody (3:58:71) en Corné de Fouw (3:59:50) .
Die eerste drie plekke in elke ouderdomsgroep was as volg:
- Jong talent meisies: Chanene Barnard (5:02:15), Miane de Clerq (5:14:01) en Anika Botha (5:22:82)
- Jong talent seuns: Tristan Meyer (4:35:36), Tyroyd Arendse (4:36:51) en Llewelyn Viljoen (4:47:19)
- Jeug meisies: Annabelle Mcewan (5:06:50), Jani Fourie (5:22:23) en Caitlyn Cawood (5:22:81)
- Jeug seuns: Jac du Plessis (4:09:79), Wilmark Daniels (4:15:92) en Le Roux Terblanche (4:19:12)
- Junior vroue: Andrea Steynberg (4:38:32) en Alri Verster (4:54:92)
- Junior mans: Thinus Erasmus (4:01:06), Beyon Prins (4:12:79) en Luwellyn du Toit (4:23:51)
- Vroue 40+: Seanette Botha (6:51:11) en Marianda Coetzee (10:33:39)
- Mans 40+: Jan Meyer (4:52:78), Eduard Ellis (5:16:83) en Naas du Preez (5:34:97)
- Vroue ope: Andrea Steynberg (4:38:32), Alri Verster (4:54:92) en Jessica Berry (4:57:76)
- Mans ope: (Vier eerste plekke was almal droommyle) Keanu Domingo (3:53:29), Jansen Bell (3:58:05), Matthew Endrody (3:58:71) en Corné de Fouw (3:59:50) .
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’