OUDTSHOORN NUUS - Parkrunners moes Saterdag 4 Janurie tydens die eerste parkrun vir 2025, telkens met 'n trop skape en hul lammers meeding om by die eindpunt vir die 424ste Oudtshoorn-Parkrun by die Surval Olyflandgoed te kom.
Die skape het om een of ander rede op die parkrun-roete beland.
Wenners
Raymond Odendaal het nog 'n sege agter sy naam geskryf toe hy die 5km roete in 20 minute en 14 sekondes voltooi het met Ulrich Rademeyer tweede en die 16-jarige Jaydon du Plessis derde en die eerste junior.
Jolinda Viljoen het met haar tyd van 31 minute 33 sekondes in die dertiende plek klaargemaak en as wenner van die vroue uit die stryd getree.
Die voorste tien drawwers van die dag se 79 deelnemers was Raymond Odendaal (20:14), Ulrich Rademeyer (20:53), Jayden du Plessis (22:55), Devino Cairncross (23:50), Phillip du Plessis (25:15), Ricardo Ferrari (26:18), Joshua Schumacher (26:21), Newald Groenewald (27:14), Andre du Toit (28:08) en Bernold Damons (28:26).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’