OUDTSHOORN NUUS - Tabisa Panda van die Nedbank-atletiekklub, Oudtshoorn, het op 7 Julie die Knysna-halfmarthon in 'n tyd van 2:49:50 voltooi.
Lampies Lamprecht, voorsitter van die Eden-Nedbank-atletiekklub sê hy is baie opgewonde oor Panda se prestasie.
"Sy is 'n nuwe atleet by ons klub en met elke deelname verbeter sy haar tyd."
Panda het 'n geskenkpak van die atletiekklub ontvang, as aanmoediging om net nóg beter te presteer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'