OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Afrikaanse meestersatletiek-kampioenskappe het die afgelope naweek in Oudtshoorn plaasgevind.
In Suid-Afrika word meesteratlete volgens hul ouderdom ingedeel, met die Suid-Afrikaanse Meestersvereniging (SAMA) wat die kompetisies reguleer.
Atlete van 35 jaar en ouer word as meesters beskou, terwyl dié van 60 jaar en ouer as grootmeesters kwalifiseer.
Atlete van Namibië, Noord-Wes, Wes-Kaap, Noord-Kaap, Kenia, SWD, Sentraal Gauteng, Noord Gauteng, Oostelike Provinsie, Mpumalanga, Vaal Driehoek, Grens, Limpopo en Nieu-Seeland het deelgeneem.
Dit naweek was 'n reusesukses en atlete het Saterdagaand 'n spesiale vereringsfunksie by Safari Volstruisplaas bygewoon.
SWD se atlete het besonder goed gevaar en nege van Oudtshoorn se atlete het ook deelgeneem.
Hulle uitslae is as volg:
- Melanie Verlinde (41) het goud in 10-kamp (vroue 40-44), silwer vir 100 m (vroue 40-44) en silwer vir 200 m (vroue 40-44)
- Johann Coetzer (65) het goud in verspring (mans 65) met 'n nuwe rekord van 4.82 m. Tydens die prysuitdeling het hy 'n hertoekenning van sy nasionale kleure gekry.
- Jason Jaftha (65) het goud gekry toe hy die 5 000 m binne 20 minute kafgedraf het. Hy het ook goud in die 10 000 m gekry met 'n tyd van 44:15:74.
- Abraham Hendriks (55) het vierde gekom in sy heel eerste byeenkoms en die 5 000 m in 23:24 voltooi.
- Erns van Zyl het (62) tweede in
- 10 km-spoedhardloop (speed racing) gekry en dit in'n tyd van 30:41:78 voltooi. Hy verower ook 'n goue medalje in die
5 000 m-stap.
- Lampies Lamprecht (76) het 'n silwer in die 10 km-stap verower.
- Frans Kalp (65) het vierde in die 100 m geëindig en 200 m vierde.
- JJ van der Westhuizen het 'n goud in driesprong verwerf en 9de 200 m.
- Johanthan Hardnick (56) het 'n bronsmedalje in verspring verower. Sy afstand was 4.65m .
Fotogalery: Meestersatletiekdag reusesukses
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’