So sê Marius de Oktober wat pas begin het om jong meisies met atletiek besig te hou en van voorneme is om binne die afsienbare tyd 'n atletiekklub in Bridgton op die been te bring.
"Daar bestaan beslis 'n behoefte vir 'n atletiekklub in Bridgton. Hier is baie sluimerende talent wat net ontgin moet word," sê De Oktober.
Hy het tans 'n groep van so 30 leerders van die Laerskool Bergsig, Aurial Kollege, Bridgton Sekondêr en die Hoërskool Môrester wat hy drie dae per week afrig. Onder hulle is twee SWD-stappers, Benolene Jaftha en Romecia Piedt, albei van die Aurial Kollege.
"Ons is tans besig met 'n winterprogram wat heuwelwerk en padwerk en besoeke aan die see insluit."
Leerders tussen die ouderdomme 14 en 17 jaar is welkom om by die Marius Athletics Training Group aan te sluit.
Hulle oefen Dinsdae vanaf 16:00 by Langenhoven Gimnasium en Donderdae en Saterdae by die De Jager-sportstadion.
Volgens De Oktober is finansies 'n groot kopseer en beplan die groep om einde Junie hul eer-ste fondsinsamelingspoging , 'n visbraai, aan te bied. Kaartjies is reeds beskikbaar. Belangstellendes kan De Oktober vir kaartjies en aansluiting by die groep skakel by 078 969 4787.

Marius de Oktober (agter) Saterdagog-gend saam met ses van sy jong atlete. Van links staan Faith Davids, Benolene Jaftha, Romecia Piedt, Mevalise Davids, Brunique Adams en Samantha le Roux. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'