OUDTSHOORN NUUS - Kobus Marais van Outeniqua Harriers het verlede Saterdag met ‘n tyd van 20 minute en 59 sekondes die vinnigste tyd by die 376ste Oudtshoorn-parkrun afgelê.
Die wedloop het oudergewoonte by Surval-olyflandgoed weggespring.
Leon Marais het die mylpaal van 250 parkruns Saterdag bereik. Hosea Snyman (10) was die vinnigste junior oor die eindstreep.
Die top-10 van die dag se 76 deelnemers was:
- Kobus Marais (20:59)
- Leon Marais (21:41)
- Jacques Jacobs (23:30)
- Hanru Storm (23:46)
- Hosea Snyman (24:09)
- Cristefer Snyman (24:15)
- Frik de Jager (24:18)
- Stephen Cornelissen (24:19)
- Phillip du Plessis (24:55)
- Andrew Runnacles (25:25)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’