ATLETIEK NUUS - Die jaarlikse Palm Tyres-wedlope is Saterdag 25 Junie in windstil, perfekte hardloopweer in George gehou.
Skitterende tye is by die 24ste wedlope opgestel en die elite-atleet Lloyd Bosman van Nedbank SWD, het weer sy oorheersing in 10 km-wedlope in die SWD duidelik gemaak.
Bosman het die 10 km afgeblits in 'n tyd van 29 minute 50 sekondes.
Bosman is in uitstekende kondisie en Saterdag was die derde agtereenvolgende week dat hy die 10 km-wedloop onder 30 minute voltooi het. Die verwagting is dat Bosman eerskomende Saterdag tydens die Knysna Oesterfees se 42,2 km-wedloop weer as wenner gekroon sal word.
Lloyd is gevolg deur sy spanmaat Selwyn Matthews, met Asenanthi Ndabeni van Thembalethu Wellness-klub in die derde posisie.
In die vrouewedloop oor 10 km het Melissa van Rensburg, ook van Nedbank SWD, haar baasskap oor 10 km getoon deur die wedloop te wen in 'n goeie tyd van 39 minute 16 sekondes, gevog deur Annarie Donald van die klub 32Gi SWD in 'n tyd van 42 minute 12 sekondes. In 3de plek was Anel Strauss van Framesby High.
Baie van die atlete wat die wedloop voltooi het, het hul persoonlike beste tye in onderskeidelik die 10 km- en 5 km- wedlope gehardloop.
Die uitslae van die wenners in die verskillende kategorieë:
Ope mans:
- Lloyd Bosman Nedbank SWD 29:50
- Selwyn Matthews Nedbank SWD 32:08
- Asenathi Ndabeni Thembalethu WC 34:08
Juniors:
- Bonga Mlunguza Thembaletu WC 34:36
- Luther Blaauw Nedbank SWD 34:37
Veteraan:
- Marlon Mortlock Knysna Marathon 37:44
Meester:
- Mxolisi Fana Outeniqua Harriers 39:15
Grootmeester:
- Johan Grobelaar Nedbank SWD 40:20
Groot Grootmeester:
- Micheal Brewis Knysna Marathon 48:00
Stapper:
- Antonio Farmer NWU 46:13
Ope Vroue:
- Melissa van Rensburg Nedbank SWD 39:16
- Annarie Donald 32Gi SWD 42:12
- Anel Strauss Framesby High 44:11
Juniors:
- Anel Strauss Framesby High 44:11
Veteraan:
- Melissa van Rensburg Nedbank SWD 39:16
Meester:
- Johanna Behr Nedbank SWD 51:42
Grootmeester
- Annatjie Botes Nedbank SWD 46:03
Groot Grootmeester:
- Kim Roberts Nedbank SWD 56:37
Stapper:
- Lorraine Zehmke Outeniqua Harriers 1:19:17
In die 5 km-wedloop vir seuns het Tinus Erasmus gewen in 'n tyd van 17:18. Caitlin Cawood het in die kleure van Hartenbos Drawwers die dogtersafdeling gewen in 'n tyd van 19:26.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'