OUDTSHOORN NUUS - Honderde ouers het verlede Saterdag hul kleuters by Little Bo-peep Voorskoolsentrum se atletiekbyeenkoms ondersteun wat by Langenhoven Gimnasium se sportterrein aangebied is.
Mammas vergesel hulle kleuters na die eindstreep.
Verskillende voorskoolsentrums het aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Die kleintjies moes 'n afstand van 40 m voltooi met mamma en pappa wat hulle by die beginpunt afgesit het.
Daar was hier en daar 'n tranedal soos verwag, maar oor die algemeen het die peuters hulle gate uit geniet.
Kom ons kyk wie is eerste by die wenpaal. Foto's: Wyndham Ewerts
Die kleintjies, wat tussen een en drie jaar oud was, is deur hul ewe opgewonde ouers na die eindpunt vergesel. Die res het opgewonde uitgesien om te kyk wie die vinnigste is.
Vanjaar was 1,95 Properties die hoofborg van die byeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’