OUDTSHOORN NUUS - Die KKAF se trustee se AJV is Woensdag 14 Mei gehou.
Die trustees is Hans van der Veen (voorsitter), David McKinnon (finansies), Dave van der Walt (operasionele bestuurder) en Yaron Venter, atlete ondersteuning is net so behou. Daar is ook met dank afskeid geneem van Carien Loubser wat na baie jare haar bedanking ingedien het.
Die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) is jare gelede gestig om as gemeenskaporganisasie talentvolle, behoeftige atlete te ondersteun.
Aanvanklik het dit hoofsaaklik op afrigtingshulp gekonsentreer, maar later het dit geblyk dat daar meer holisties na dié atlete omgesien moet word. Vandag ondersteun dit ’n hele paar atlete om by byeenkomste uit te kom. Die breinkind van Hans van der Veen het nou al gegroei tot gevestigde sportorganisasie wat tans ook die jaarlikse Eden-straatmylreeks organiseer.
Die KKAF organiseer ook die jaarlikse sake-aflos in Oudtshoorn. Op hierdie manier in die KKAF fondse om wel hulle visie van diensbaarheid aan die gemeenskap te kan bevorder.
Die gewilde Eden-straatmylreeks word as vakansie-aktiwiteit in die Suid-Kaap aangebied. Die KKAF is ook in gesprek met NMU in George, Plettenbergbaai en die Hessequa-munisipaliteit in Stilbaai om die reeks uit te brei.
Ook wat die sake-aflos op 9 Oktober aanbetref, kom daar veranderings.
Die jare lange borgskap van Timbercity het tot ’n einde gekom maar gelukkig het Cango Wildlife Ranch en Group Editors, eienaars van Oudtshoorn Courant toegetree om saam met die Oudtshoorn-munisipaliteit en Sante Fe Spur die voortbestaan te verseker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’