OUDTSHOORN NUUS - Nedbank SWD se Etienne Plaatjies het die 2018 weeklikse Oudtshoorn Nedbank 5 km-tydtoets op 'n hoë noot afgesluit toe hy die jaar se laaste tydtoets in 16:31 voltooi het.
Plaatjies het een minuut en vier sekondes voor die dag se tweede vinnigste 5 km-deelnemer, Theunis Veldman (17:35) klaargemaak.
In die 3 km-tydtoets het Grayton Delport (12:02) en Greens Groenewald (12:05) mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Dit was egter die eerste vroueatleet, Anél van Wyk (12:21), wat nie net op hul hakke klaargemaak het en haar jaar se goue prestasies as Nedbank-atleet beklemtoon het nie, maar saam met die bekroonde, John April (12:21) oor die eindstreep gedraf het.
Die tydtoetse hervat weer op Maandag 22 Januarie.
Die uitslae is:
3 km
Grayton Delport (12:02), Greens Groenewald (12:05), Anél van Wyk (12:21), John April (12:21), AJ van Tonder (13:33), Linelle Groenewald (13:39), Yamkela Zankani (14:20), Henry Carstens (14:37), Ruan Munn (15:15), Ilse Oliphant (15:16), Zietske Saayman (15:51), Bianca la Grange (16:48), Danie Raubenheimer (16:57), Deon Sederstroom (17:31), Hendrica le Kay (17:31), Mariska Freeks (17:50), Edrich Bothma (18:26), Iona du Plessis (18:27), Charlotte Bothma (18:27), Linda Smit (20:32), Cobie Fourie (26:50), Linda Lamprecht (26:50), Anita van Vuuren (26:50), Reinette Serfontein (29:49), Geraldine Loftie Eaton (29:50), Trix de Villiers (29:51), Maritza Serfontein (29:51) en Johanna Jooste (29:51).
5 km
Etienne Plaatjies (16:31), Theunis Veldman (17:35), William van Tonder (20:40), Johan Engelbrecht (20:48), Hanru Storm (21:45), Willie Freeks (24:08), Jurgens Meyer (24:34), Bart Saayman (27:07) en Ninine Erasmus (30:13).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'