OUDTSHOORN NUUSFLITS - Nedbank SWD se Etienne Plaatjies het die 2018 weeklikse Oudtshoorn Nedbank 5 km-tydtoets op 'n hoë noot afgesluit toe hy die jaar se laaste tydtoets in 16:31 voltooi het.
Plaatjies het een minuut en vier sekondes voor die dag se tweede vinnigste 5 km-deelnemer, Theunis Veldman (17:35) klaargemaak.
In die 3 km-tydtoets het Grayton Delport (12:02) en Greens Groenewald (12:05) mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Dit was egter die eerste vroueatleet, Anél van Wyk (12:21), wat nie net op hul hakke klaargemaak het en haar jaar se goue prestasies as Nedbank-atleet beklemtoon het nie, maar saam met die bekroonde, John April (12:21) oor die eindstreep gedraf het.
Die tydtoetse hervat weer op Maandag 22 Januarie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'