Volmoed se jong atletiektalent is behoorlik aan die woeker. `n opvolg oefenkamp is die afgelope Maandag by Volmoed Primêre Skool gehou. Atlete het aan tydtoetse deelgeneem en `n afrigtingskursus het gefokus op die basiese tegnieke van naellope, hekkies, spiesgooi en diskus.
Van die atlete is so jonk as sewe jaar. Daar is deelgeneem aan 2 000 m en 3 000 m-tydtoetse.
Van die indrukwekkende tye wat opgestel is in die 2 000 m sluit in die sewejariges, Stuart van Vuuren en Elmondo Booysen (16:45), agtjariges, Esmarelda Prinsloo (19:26) en Isak Jullies (16:45) en die tienjariges, Joy Human (23:58), Johandru Booysen (22:25), Chantelle Jullies (22:25), Brendan May (22:12), Brendan Bezuidenhout (19:15), Jeswigo Witbooi (18:14), Chantelle Manuel (19:26) en Beoné Langthrey (23:58).
Uitslae 3 000 m:
- Albert Josephs en Jufuano Stoffels (13:38),
- Picasso Langthrey en Joey Gelderbloem (14:33),
- Wilmario Dondas (15:45),
- Denzel Jullies en Antonio Wagner (16:06),
- Juandre Pretorius (16:08),
- Leonardo Prinsloo (17:08),
- Charlton Jullies en Howard Paulsen (17:18),
- Keegan Benjamin (19:15),
- Deswayne Gericke, Marlin May en Wedray Hermanus (22:12),
- Peony Langthrey (23:58)
- en Mary-Ann Malgas (27:00).
Bykans 60 atlete het Maandag aan die oefenkamp in Volmoed deelgeneem. Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'