OUDTSHOORN NUUS - Newald Groenewald het Saterdag die eerste Oudtshoorniet geword wat 250 parkruns voltooi het toe hy met goeie tydsberekening die 5 km in 25 minute voltooi het.
Die 16-jarige Tyron-Lee Andries was Saterdag die wenner van die 252 ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Yaron Venter was tweede en nog ‘n junior, die 15-jarige Jaco Pretorius het in die derde plek geëindig. Onder die vroue was dit Sarah Viljoen wat eerste oor die wenstreep was.
Saterdag se voorste deelnemers:
- Tyron-Lee Andries (17:56)
- Yaron Venter (20:12)
- Jaco Pretorius (20:47)
- Patrick Peters (22:38)
- Rudolph Clench (22:56)
- Francois Maquassa (24:14)
- Newald Groenewald (25:00)
- Sarah Viljoen (25:05)
- Trevor Adams (26:08)
- Jan Pretorius (26:30)
- Henry Carstens (26:37)
- Tarren Jullies (26:59).
Die wenner van Saterdag se Oudtshoorn-parkrun, Tyron-Lee Andries (middel) saam met Yaron Venter (links, 2de) en Jaco Pretorius (regs,3de). Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'