OUDTSHOORN NUUS - Greens Groenewald, 'n Oudtshoorn laser-run-atleet, het 'n derde plek tydens die laser-run-wêreldkampionskappe verower en sodoende 'n bronsmedalje gewen.
Die laser-run wêreldkampioen-skappe het Saterdag 14 Oktober op die Groenpunt-sportkompleks in Seepunt plaasgevind.
Groenewald is 'n lid van die Eden Penthalon-sportklub, waar hulle tweekamp, driekamp én laser-run beoefen.
Hy het as lid van die SWD-penthalonspan Suid-Afrika verteenwoordig by die wêreldkampioenskappe.
Suid-Afrika het tien medaljes by die kampioenskappe gewen.
Atlete van o.11 tot 60+ het SWD verteenwoordig.
Ander Eden-atlete wat medaljes gewen het, is Johan Windt (twee goue medaljes), Chris van Wyk (silwer en goud) en Neytwin Laminie (silwer).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'