OUDTSHOORN NUUS - Twee vrouewedlope oor 3 km en 10 km, is op Vrouedag gehou en 215 atlete het by Rainbow-motors weggespring. Alhoewel slegs vroue vir podiumposisies in aanmerking gekom het, het 'n hele aantal mans ook deelgeneem. Atlete van oor die hele Suid-Kaap het deelgeneem en drie van Oudtshoorn was onder die 10 km-wenners in verskillende kategorieë. Cielie Swiegers het eerste klaargemaak in die 80+ kategorie. Ilse Carlsen (40+) en Mariana van Zyl (stap) het elk 'n tweede plek behaal.
Die gewilde Schoemanshoek 10 km en 21 km-wedlope word saam met die kerkbasaar op 25 Augustus aangebied.
Vir navrae en inligting oor inskrywings skakel 072 601 8789 / 083 477 4780 / 083 376 7414 of besoek www.entrytime.com.
Atlete spring weg vir die 10 km-wedloop. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'