OUDTSHOORN NUUS - Equin Josephs het 'n uitstekende tweede plek in die seuns o. 17-hoogspring behaal tydens die SA skoleatletiekbyeenkoms wat by die Pilditch-stadion aangebied is.
Hy het 'n indrukwekkende hoogte van 2,04 m gespring en ook 'n sterk poging op 2,08 m aangewend. Die sprong van 2,04 m is boonop sy persoonlike beste, 'n merkwaardige prestasie waarop daar met reg trots kan wees.
Josephs se sukses bou voort op sy goeie vorm vroeër vanjaar toe hy tydens die Aprilvakansie 'n derde plek in die seuns o. 18-hoogspring by die ASA atletiekbyeenkoms in Germiston behaal het.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’