OUDTSHOORN ATLETIEK-NUUS - Drie leerders van Eljada-Kairos skool het vanaf 15 tot 21 Maart aan die nasionale atletiekkampioenskappe vir persone met gestremdhede in Stellenbosch deelgeneem en medaljes ingepalm.
Van links is Vernon van Niekerk (goud in boccia dubbelspel), Tamra Bezuidenhout (goud in gewigstoot en silwer in diskus vir meisies o.20 in die F38-afdeling) en Izine Hufke (twee goues in spiesgooi en gewigstoot vir meisies o.20 in die F37-afdeling).
Bradley Manewil van Eljada-Kairos skool het onlangs aan die provinsiale kriekettoernooi vir persone met gestremdhede deelgeneem en is as speler en kolwer van die toernooi aangewys. Foto’s: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'