ATLETIEK NUUS - Altesaam 15 van Eden MPA se atlete het op 25 en 26 Junie aan die SA Laser run- en SA Tetrathlon-kampioenskap in Pretoria deelgeneem.
Onder die atlete wat aan SA Laser run-kampioenskap deeleneem het, behaal drie atlete 'n eerste plek, vier 'n tweede plek, twee 'n derde plek, twee 'n vierde plek, drie 'n vyfde plek en een 'n sesde plek.
By die SA Tetrathlon-kampioenskap behaal een atleet 'n eerste en een 'n tweede plek.
'n Sampa-span gaan gekies word wat van 22 tot 25 September in Lissabon, Portugal gaan deelneem aan die Laser Run-wêreldkampioenskap.
Laser Run is deel van Modern Pentathlon waar met 'n laser simulator geskiet word na 'n teiken, waarna 'n sekere afstand gehardloop moet word. Die afstand van skiet na die teiken wissel van 5m na 10m en hardloopafstande wissel tussen rondes van 300 m na 600 m.
Afstande word bepaal volgens die verskillende ouderdomsgroepe. Tetrathlon is 'n kombinasie van skiet, hardloop, swem en skerm en vorm ook deel van Modern Pentathlon.
Plekke
- Wanru Haasbroek (seuns o/11 - 1ste)
- Pieter Schoeman (seuns o/11 - 4de)
- Pierre Myburgh (seuns o/11 - 5de)
- Duné Haasbroek (meisies o/13 - 2de)
- Albert Myburgh (seuns o/13 - 2de)
- Tonya Schoeman (meisies o/15 - 4de SA Laser run en 2de SA Tetrathlon)
- Johan Schoeman (seuns o/15 - 2de)
- Marilie Duvenage (meisies o/17 - 3de)
- Ruan Rossouw (seuns o/17 - 2de)
- Divan Rossouw (seuns o/19 - 1ste)
- Lenka Rossouw (40+ - 6de)
- Bertus Myburgh (40+ - 5de)
- Theo Rossouw (50+ - 3de)
- Johan Windt (60+ - 1ste SA Laser run en 1ste SA Tetrathlon)
- Bernhard Siebrits (60+ - 5de).
Mosselbaaiers Johan Windt en Tonya Schoeman het ook geskerm as deel van Tetrathlon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'