OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Altesaam 24 atlete van die Eden-streek het die afgelope naweek aan die SA Pentathlon en laserrun-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Dié span kon daarin slaag om 12 medaljes in die laserrun-afdeling te wen. Benewens hierdie prestasies het Johan Windt en Tonya Schoeman onderskeidelik 'n goue en 'n vierde plek in die tetrathlon verower.
Die wêreldkampioen-skappe word vanjaar in Weiden in Duitsland gehou.
Die uitslae is as volg:
Goud
- Ulene Visser (meesters 40+)
- Tonya Schoeman (o.13G)
- Johan Windt (Master 60+)
- Danie Pretorius (junior mans)
Silwer
- Bart Saaiman (Meesters 50+)
- Monja Strydom (senior vroue)
Brons
- Bertus Myburgh (Meester 40M)
- Stef Schoeman (o.17B)
- Jerome Jacobs (senior mans)
- Annelien Jacobs (o.19G)
- Lariza James (senior vroue).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'