OUDTSHOORN NUUS - Meer as drieduisend atlete gaan Saterdag aan die Meiringspoort 21,1km en 12,5km wedlope deelneem. Die gewilde halfmarathon en 12,5km wedloop word Saterdag vir die 26ste keer aangebied.
Atlete en ondersteuners stroom reeds vandag na die dorp toe. Registrasie van atlete vind vandag vanf 11:00 tot 21:00 plaas. Daar sal ook môre-oggend tussen 04:30 en 05:30 geleentheid wees vir registrasie.
Soos by al die vorige wedlope word atlete met vragmotors na die twee wegspringplekke geneem. Ongeveer 2 000 atlete het vir die 21,1km halfmarathon ingeskryf en ongeveer 1000 vir die 12,5km wedloop.
Deelnemers word daaraan herinner dat daar padwerke tussen Oudtshoorn en De Rust is wat reistyd met ongeveer 'n halfuur kan verleng. Vrydag en Saterdag word die jaarlikse feesbasaar ook by die NG Kerk aangebied, waar verversings en vermaak beskikbaar sal wees.
Vir navrae oor die wedlope skakel Annerie by 084 403 3400 en Martie kan by 082 421 3113 geskakel word vir inligting oor die basaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'