OUDTSHOORN NUUS - Verskeie atlete van Oudtshoorn het onlangs aan die 10 km Farmrun in George en die Hartenbos 15 km-wedlope deelgeneem. Sowat 164 atlete het aan die Farmrun meegeding terwyl 226 atlete by die Hartenbos-wedlope weggespring het.
Die plaaslike langasem Francois Maquassa, het albei hierdie wedlope oortuigend gewen. Maquassa het ook onlangs by die Optimum Meiringspoort wedlope geseevier.
Uitslae en tye van Oudtshoorniete in die 10km Farmrun-wedloop:
- Francois Maquassa (eerste) 33:47
- Gershwill Jacobs (tweede) 1:14:50
- Salman Booi (vyfde)1:23:17
- Leon van der Merwe (eerste Grootmeestersatleet) 2:00:36
Uitslae en tye van Oudtshoorniete in die 15km Hartenbos-wedloop:
- Francois Maquassa (eerste) 49:20
- Ettiene Janse van Rensburg (tweede Meesteratleet) 53:35
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'