OUDTSHOORN NUUS - Kansa bied Donderdag 5 Oktober om 18:00 ‘n 5 km Cansa Shades of Pink pretdraf -stap by die Oudtshoorn-gholfbaan aan.
Voor en na die pretdraf- en stap kan deelnemers, ondersteuners en toeskouers verskeie Kansa produkte by die gholbaan-klubhuis koop.
Inskrywingsgelde is R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 12.
Vir meer inligting oor die pretdraf kan u vir Ania Louwrens by 076 035 9082 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'