OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Lloyd Bosman (Nedbank SWD) het verlede Saterdag die Oudtshoorn Infanterieskool se jaarlikse Cango-marathon oor 42,2 km in 'n tyd van 02:28:21 gewen.
In die 21,2 km was Godwin Heyns (Nedbank SWD) in die 21,1 km baas met 'n wentyd van 01:08:05. Bykans 700 atlete het vanjaar ingeskryf vir hierdie bekende marathon.
'n Interessante feit is dat die Cango-marathon die oudste en die tweede grootste marathon in die Suid-Kaap is en ook as 'n kwalifiserende wedloop vir die Twee Oseane en die Comrades dien.
Uitslae van die 42,2 km-wedloop (mans ope)
- Lloyd Bosman
- John April
- Hakeem Smith
Uitslae van die 42,2 km-wedloop (vroue ope)
- Xoir Madiba
- Wida de Klerk
- Debbie "O" Mahony
Uitslae van die 21,1 km-wedloop (mans ope)
- Godwin Heyns
- Bernado Fredericks
- Underson Ncube
Uitslae van die 21,1 km-wedloop (vroue ope)
- Cecilia Nel
- Lorette Pretorius
- Teresa Bester.
Lloyd Bosman
John April
Albei wedlope (42,2 en 21,1 km) het om 06:00 weggespring. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutse Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'