Gallery
OUDTSHOORN ATLETIEK-NUUS - Lloyd Bosman (Nedbank SWD) en Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) was verlede Saterdag onderskeidelik die mans- en vrouewenner van die Meiringspoort-halfmarathon.
Bosman het die roeterekord wat hy tans hou, met 14 sekondes verbeter. Meer as 3 000 atlete het vir die 21,1 km en 12,5 km-wedlope deur Meiringspoort ingeskryf. Atlete in rolstoele het ook deelgeneem waarvan die bekendste waarskynlik die sanger Matthys Roets was.
Vanjaar was dit die 26ste jaar wat die halfmarathon aangebied is. Die NG Kerk De Rust het weer hulle feesbasaar aangebied en gesorg vir vermaak en verversings vir die duisende besoekers wat vir die naweek op De Rust toegesak het. 'n Skildery wat deur die bekende kunstenaar Glendine, geskenk is, het met lootjieverkope R67 000 ten bate van die Herberg-kinderhuis in Robertson, ingesamel.
Die eerste drie plekke (ope afdeling) in die 21,1 km en 12,5 km was as volg:
Mans 21,1 km:
- Lloyd Bosman 1:03:52 (Nedbank SWD)
- Goodwill Heyns 1:09:10 (Nedbank SWD)
- John April 1:09:11 (Nedbank SWD)
Mans 12,5 km:
- Donovan Jantjies 41:13 (Nedbank SWD)
- Luther Blaauw 41:51 (Nedbank SWD)
- Anderson Ncube 42:08 (Nedbank SWD)
Dames 21,1 km:
- Melissa van Rensburg 1:22:05 (Nedbank SWD)
- Andrea Ranger 1:25:55 (Born 2 Run)
- Mandi Herhdat 1:27:02
Dames 12,5 km:
- Sunel Jacobs 50:26 (Stellenbosch AC)
- Anastatia Plaatjies 50:32 (Nedbank)
- Candice van Beulen 51:40 (Nedbank)
Die kunstenaar, Glendine, met die skildery waarmee R67 000 vir Die Herberg-kinderhuis in Robertson ingesamel is.
Volledige eersteplek-uitslae van alle kategorieë:
Interessanthede oor deelnemers:
- Basjan van der Spuy van Oudtshoorn het die afgelope 26 jaar aan elke wedloop deelgeneem.
- Die oudste deelnemer aan 12,5 km-wedloop was Anthony Goodman (88)
- Die oudste deelnemer aan 21,1 km was John du Toit (81)
- Die jongste deelnemers aan 21,1 km was Daniël van der Walt (16) en Kyra Evans (16)
- Die jongste deelnemer aan 12,5 km (mans) was Loren Ferreira (15) en (vroue) Angelique van der Walt (15)
- Sestien van die deelnemers het op die dag van die wedloop verjaar en ses van hulle het op die 26ste wedloop 26 geword.
- Die atleet wat die verste gereis het, het vanaf die VSA gekom en daar was ses atlete vanaf Polokwane
- Die atlete is met volstruisvragmotors na die twee wegspringpunte vevoer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'