Breaking News
OUDTSHOORN - Die gewilde Klein Karoo Sake-aflos vir 2025 is afgestel.
Volgens Dave van der Walt, Operasionele Bestuurder, Klein Karoo-atletiekfonds het die omstandighede rondom die gebeurtenis drasties veradner met die oorname van die gereelde borg, Timbercity deur Buco.
"Onderhandelinge met Buco het nog nie enige positiewe resultate opgelewer nie en sonder 'n borg is dit eenvoudig net nie moontlik nie. Ook verskeie ander opsies is aangewend, maar sonder enige sukses."
Klein Karoo-atletiekfonds, die organiseerder van die geleentheid vra verskoning vir enige ongerief, maar gaan volgens van der Walt beslis nie tou opgooi nie. "Die nuwe vasgestelde datum vir die 2025 Klein Karoo Sake-aflos is nou Donderdag 9 Oktober 2025 in Baron van Reedestraat voor die Sante Fe Spur,
Indien daar enige besigheid is wat belangstel om as borg in te koop kan u gerus vir van der Walt kontak by 082 7734 901
Vorige artikels
- Timbercity Klein Karoo Sake-aflos groot sukses
- Timbercity Klein-Karoo Sake-aflos weer in Baron van Reede
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’