OUDTSHOORN NUUS - Michalyn Williams, 'n leerder van Bergsig Primêr in Oudtshoorn, het vandeesweek haar SWD-atletiekkleure ontvang en gaan die komende naweek aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe in die Paarl deelneem.
Sy het tydens die onlangse Eden-atletiekkampioenskappe 'n tweede plek in o. 12-spiesgooi behaal met 'n afstand van 16,6 m. Haar afrigter, Randall May, en die skool is geweldig trots op haar prestasie.
"Haar ma, Amelda Williams, was ook 'n SWD-spiesgooier. Die appel val definitief nie vêr van die boom nie," spog hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’