Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die 28-jarige John April van Oudtshoorn Nedbank SWD-atletiekklub het Saterdagoggend 9 Desember in koel reënerige omstandighede die Palm Tyres-halfmarathon (21,1 km) in 1:12.57 gewen.
Die wedlope, wat by Palm Tyres in Symmondslaan begin en geëindig het, is suksesvol deur Grasshoppers Outeniqua Harriers-atletiekklub aangebied.
Daar het 260 padatlete aan die wedlope deelgeneem.
Die gewilde Palm Tyres-wedlope is Saterdagoggend vir die 21ste keer aangebied.
Die meester, Lindele Tokoto (1:14.59) van Nedbank SWD en Leon Adams (1:16.06) van Hartenbos Drawwers het vir April gevolg.
Die Oudtshoorn Nedbank SWD-atlete, Anel van Wyk (1:14.12), meester Annatjie Botes (1:43.06) en veteraan, Nerida Lubbe (1:43.33) van Hartenbos Drawwers het die opeafdeling vir vroue oorheers.
Die 10 km-padwedloop is deur Donovan Jantjies (34:51), junior Christiaan Lingerveld (35:37) en veteraan Booi Salman (35:52) gewen.
Die 17-jarige Candice van Beulen was die eerste vrou oor die wenstreep. Haar spanmaat, die 15-jarige Louw-Ann Lourens (48:55) en veteraan, Ariadne van Zandbergen (50:39) van Cape Multisport Club Eden, was onderskeidelik tweede en derde in die wedloop.
Kategoriewenners:
Halfmarathon (21,1 km):
Opemans:
1. John April (1:12.57), 2. Lindile Tokota, (1:14.59) beide van Nedbank SWD, 3. Leon Adams, Hartenbos Drawwers (1:16.06).
Veteraan:
Principal Fana, Outeniqua Harriers (1:24.22).
Meester:
Lindile Tokota, Nedbank SWD (1;14.59).
Grootmeester:
Koos Smit, Hartenbos Drawwers (1:50.53)
Junior:
Godwin Heyns, Nedbank SWD (1:23.10).
Opevroue:
1. Anel van Wyk (1:14.12), 2. Annatjie Botes (1;43.06) beide Nedbank SWD, 3. Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (1:43.33)
Veteraan:
Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (1:43.33)
Meester:
Annatjie Botes, Nedbank SWD (1:43.06)
Junior:
Chane Gricius, Outeniqua Harries (1:53.29).
10 km:
Opemans:
1. Donovan Jantjies (34:51), 2. Christiaan Lingerveld (35:37), 3. Salman Booi (35:52) almal van Nedbank SWD.
Veteraan:
Salman Booi (35:52) Nedbank SWD.
Meester:
Patrick Peters, SAW (39:50)
Grootmeester:
Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (44:06)
Junior:
Christiaan Lingerveld, Nedbank SWD (35:37).
Opevroue:
1. Candice van Beulen (45:14), 2. Low-Ann Lourens (48:55), beide Nedbank SWD, 3. Ariadne van Zandberger, Cape Multi Sport Eden (50:39).
Veteraan:
Ariadne van Zandberger, Cape Multi Sport Eden (50:39)
Meester:
Elna Swarts, Nedbank SWD (1:00.00)
Grootmeester:
Margi O'Conner, KMC (55:53).
Junior:
Candice van Beulen, Nedbank SWD (45:14) (1:53.29).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'