Update
OUDTSHOORN NUUS - Anèl van Wyk is met die Eden Nedbank-atletiekklub se prysuitdeling met 'n goue medalje beloon.
Sy is een van tien Oudtshoorn-Nedbank-atlete wat in die onderskeie kategorieë vereer is, maar het die hoogste toekenning ontvang.
Haar prestasies in veldlope en beste tyd vir 'n Eden vroue-atleet by die Twee Oseane het haar die titel en medalje as beste subveteraan besorg.
Die ander Oudtshoorn atlete wat medaljes en sertifikate ontvang het, is:
- Geraldine Loftie Eaton en Cielie Swiegers (erkenning in die 70+ kategorie)
- John April (mansatleet met beste tyd by Twee Oseane)
- Etienne Plaatjies (veldlope)
- Booi Salman (veteraan)
- Anderson McCube (beste vordering)
- Lampies Lamprecht (60+)
- Petrus le Roux (afrigting)
- Glen Snyman (ontwikkeling en ondersteuning).
Lees 'n vorige artikel: Goud vir Oudtshoorn-atleet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'