Gallery Video
OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die allergewilde Cango Marathon vind vandag, 25 Februarie, weer na jare in Oudtshoorn plaas.
Drawwers van regoor Suid-Afrika het na Oudtshoorn gestroom om aan hierdie marathon deel te neem.
Atlete is vroeg vanoggend tussen 03:00 en 05:00 in Oudtshoorn opgelaai en onderskeidelik na Ou Tol (21.1 km) en Kango-grotte (42.2 km) geneem waar hulle om 06:00 weggespring het.
FOTOGALERY: Gewilde Cango Marathon weer in Oudtshoorn
Die eerste wenner in die half-marathon het net voor 8:00 oor die wenstreep gesnel.
Top-drie mans in die 21,1 km:
1. Selwyn Matthews (algehele wenner in die 21,1 km)
2. Anderson Ncube
3. Francois Maquassa
Top-drie vroue in die 21,1 km:
1. Carla Malinaro
2. Melissa van Rensburg
3. Rebecca Köhne
Die eerste wenner in die pad-marathon het in 2:30:46 ingekom.
Top-drie mans in die 42,2 km:
1. Frederick Bernardo (algehele wenner in die 42,2 km)
2. Rory Scheffer
3. Willard Jussah
Die eerste veteraan-atleet oor die wenstreep was Mauritz Jansen van Rensburg.
Die prysuitdeling sal om 12:00 vandag, 25 Februarie, by Langenhoven Gimnasium plaasvind.
Verdere uitstlae sal later bekend gemaak word.
Video - Abri Ferreira, voorsitter van Oudtshoorn-besigheidskamer het ook die Cango Marathon bygewoon (Video: Sonia Wahl).
Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn het ook die atlete kom ondersteun. Foto: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'