OUDTSHOORN NUUS - Die sewejarige Lian Verwey het Maandag 23 Oktober vyfde uit 22 atlete oor die eindstreep van die Oudtshoorn Nedbank-atletiekklub se 3 km-tydtoets gehardloop.
Hy het die tydtoets in 14:33 kaf gedraf, ongeveer een en 'n half minuut stadiger as die wenner, Johan Engelbrecht (13:06).
Slegs vyf atlete het die 5 km-tydtoets aangedurf. Hier het Francois Verwey (21:40) eerste klaargemaak.
Hy is gevolg deur André du Preez (21:47), William van Tonder (22:01), Bart Saayman (27:32) en Oupa Vermeulen (28:17).
Die 3 km-tydtoets se uitslae:
• Johan Engelbrecht (13:06),
• Greens Groenewald (13:46),
• Zani Smith (14:02),
• AJ van Tonder (14:26),
• Lian Verwey (14:33),
• Henry Carstens (14:52),
• Ruhan Munn (15:09),
• Ronel Engelbrecht (15:33),
• Alisha Verwey (15:33),
• Charlotte Bothma (17:03),
• Iona du Plessis (17:05),
• Linelle Groenewald (17:15),
• Karen Kleyn (17:15),
• Cathy du Preez (17:45),
• Linda Smith (20:40),
• Serfontein (21:33),
• Carlien Pretorius (22:06),
• Linda Lamprecht (24:15),
• Cobie Fourie (26:32),
• Trix de Villiers (27:20),
• Geraldine Loftie Eaton (27:20),
• Kobus Pretorius (27:30)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'