OUDTSHOORN NUUS - Ethan Voight (11) en Greens Groenewald is twee Oudtshoorniete wat aan die SA kampioenskappe vir triathle (driekamp) en biathle (tweekamp) deelgeneem het.
Hulle is twee van 14 Eden-atlete wat in die Wes-Kaapspan opgeneem is.
Groenewald is in die SAPM-span opgeneem wat in Oktober aan die Wêreldkampioenskappe in Egipte gaan deelneem.
Die Eden-atlete se posisies by die kampioenskappe is as volg:
Biathle:
- Stef Schoeman 19de in die seuns o.15-span
- Marcus Kleynhans 11de in die seuns o.17-span
- AC Kleynhans sewende in die seuns o.19-span
- Johan Windt derde in die 60+ mansafdeling
- Samantha Bellew 20ste in die dogters o.13-span
- Carla Botha 21ste in die dogters o.13-span
- Tertius Steyn 10de in die 40+ mansafdeling
- Sonja Steyn derde in die 40+ vroue-afdeling
Ethan Voight (11)
Triathle:
- Stef Schoeman vierde in die seuns o.15-span
- Marcus Kleynhans derde in die seuns o.17-span
- Megan van der Westhuizen 12de in die dogters o.15-span
- AC Kleynhans tweede in die seuns o.19-span
- Greens Groenewald vierde in die 40+ mansafdeling
- Johan Windt eerste in die 60+ mansafdeling
- Zenelle Vorster Junior vierde in dogtersafdeling
- Zhane Vorster derde Junior in dogtersafdeling
- Debbie Strydom tweede in die 40+ vroue-afdeling
- Ethan Voight 15de in die seuns o.11-span
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'