Atlete in die 42,2 km-wedloop het vroegoggend by die skouspelagtige Kango-grotte weggespring. Ou Tol was die beginpunt vir atlete in die 21,1 km-wedloop met die eindstreep op die infanterieskool se sportvelde.
Wedlope het Saterdagoggend later as geskeduleer begin nadat verskeie atlete busse verpas het wat hulle na die wegspringpunte sou vervoer. Volgens die organiseerders sal daar in die toekoms streng gehou word by wegspringtye en moet atlete seker maak om betyds te wees.
Die uitslae soos volg:
- Ope mans: 1) M. Mathomane (SANDF - 2:25:36); 2) G Jacobs (Nedbank - 2:29:13); 3) S Ntombi (Tteko -2:32:34)
- Ope vroue: 1) U Turck (Strand - 3:01:14); 2) C Hall (Carbineers WP - 3:03:03); 3) A Botes (Nedbank - 3:03:39)
- Veterane mans: 1) P Ketelo (New Balance - 2:36:24)
- Veterane vroue: 1) U Turck (Strand - 3:01:14)
- Meesters mans: L Lillee (Durbanville - 2:54:48)
- Meesters vroue: A Botes (Nedbank - 3:08:45)
- Grootmeester mans: A Nyabanyaba (SANDF - 2:59:22)
- Grootmeester vroue: T Steenkamp (Nedbank - 4:06:44)
- Uitslae 21,1 km mans: 1) E Plaatjies (1:06:24); 2) J April (1:08:33); 3) L Bosman (1:09:23)
- Vroue: 1) S van Graan (1:28:18); 2) A van Wyk (1:28:22); 3) L Hegerty (1:38:05)
- 21,1 km stap mans: J van Rooyen (2:09:26)
- Vroue: B Schreider (2:21:16).