OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Laurus se o. 13-rugbyspanne het van 16 tot 19 Oktober aan ’n opwindende sewestoer na Middelburg en Burgersdorp in die Oos-Kaap deelgeneem en uitstekende vertonings in hul laaste wedstryde van die jaar gelewer.
Beide Laurus-spanne het hul vasberadenheid en vaardigheid ten toon gestel, met indrukwekkende oorwinnings teen verskeie skole.
Laurus 1 het ’n sterk toernooi gehad en die volgende uitslae behaal:
- Wen Laerskool Karel Theron: 39 - 15
- Wen Grey Kollege: 17 - 12
- Wen Laerskool Eureka: 55 - 0
- Wen Laerskool Cathcart: 54 - 0
- Wen Laerskool Cathcart (kwarteindsdtryd): 54 - 0
- Wen Laerskool Laurus 2 (halfeindstryd): 49 - 12
- Verloor teen Grey Kollege (eindstryd): 19 - 33
Laurus 2 het ook puik gevaar met die volgende uitslae:
- Wen Laerskool Karel Theron: 17 - 14
- Wen Laerskool Douglas: 31 - 24
- Wen Laerskool Burgersdorp 2: 54 - 0
- Wen Laerskool Cathcart: 26 - 7
- Wen Laerskool Douglas (kwarteinstryd): 47 - 10
- Verloor teen Laerskool Laurus 1 (halfeindstryd): 12 - 49
Span 1 van Laerskool Laurus.
Span 2 van Laerskool Laurus. Foto's verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’