OUDTSHOORN NUUS - Shenell Lottering van Langenhoven Gimnasium het van 5 tot 11 Julie as lid van die SWD o. 18-meisiesrugbyspan aan die FNB o. 18-meisiesrugbyweek by Grey High School in Gqeberha deelgeneem het.
Die SWD-span het 'n uitstekende toernooi beleef en twee van hul drie wedstryde gewen. Hulle het die Luiperds met 44 - 5 geklop en daarna 'n oorwinning van 15 - 10 oor Oostelike Provinsie XV behaal.
In hul laaste wedstryd moes hulle egter met 5 - 22 die knie voor die Blou Bulle buig.
SWD het die toernooi onder die topagt spanne afgesluit, 'n uitstekende prestasie waarop die spelers en afrigtingspan met reg trots kan wees. Shenell se bydrae tot die span se sukses is 'n bewys van haar toewyding en talent.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’