OUDTSHOORN NUUS - Leerders by Van Reede Skool neem deel aan die FAST Heroes-program wat daarop geskoei is om die simptome van 'n dreigende beroerte op te merk.
Die program is tydens die skool se Oupa-en-Oumadag bekendgestel toe die jongste groepie leerders verduidelik het hoe dit werk.
Kinders tussen die ouderdomme van vyf en nege neem deel aan die program.
Die program fokus op die akroniem FAST wat in Engels die volgende beteken.
F - staan vir Face of gesig en verwys na 'n skielike verlamming aan die een kant van die gesig.
A - staan vir arm en verwys na skielike verlamming of verswakking in die arm.
S - staan vir speech of spraak en verwys na spraak wat gebroke voorkom.
T - staan vir time, oftewel tyd aangesien dit van kardinale belang is.
Hier leer die kinders om onmiddellik 112 vir hulp te skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’