OUDTSHOORN NUUS - Die nasionale uitslae van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen sal Maandag 12 Januarie bekendgemaak word.
Volgens Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD), sal kandidate vanaf 10:00 op Dinsdag 13 Januarie hul uitslae by die skole waar hulle die eksamen afgelê het, kan afhaal.
"d" het sy gesê.
Hernasien en herkontrolering
Merton het verduidelik dat kan-didate wat nie tevrede is met hul uitslae nie, kan aansoek doen vir hernasien, herkontrolering of besigtiging van hul 2025 NSS-antwoordskrifte. Aansoeke moet via die nasionale aanlyn platform by www.eservices.gov.za ingedien word.
Die sluitingsdatum vir aansoeke vir hernasien is Dinsdag 27 Januarie.
Die voorgeskrewe gelde per vak is soos volg:
• Hernasien: R120
• Herkontrolering: R30
• Besigtiging: R230
"Kandidate van skole waar geen skoolgelde gehef word nie, sal van hierdie gelde vrygeskeld word, terwyl leerders met skoolgeldkonsessies nie vir hernasien hoef te betaal nie," het Merton gesê.
NSS-eksamen: Mei/Junie 2026
Sy het verder verduidelik dat kan-didate wat vir die NSS-eksamen in November 2025 geregistreer was, maar om geldige redes vir 'n deel van die eksamen afwesig was, of wat nie die gewenste uitslae behaal het nie, aansoek kan doen om die NSS-eksamen in Mei/Junie 2026 af te lê.
"Hierdie kandidate moet geldige en volledige punte vir die skoolgebaseerde assessering (SGA) vir die betrokke vakke hê," het Merton beklemtoon.
Aansoekvorms vir registrasie sal beskikbaar wees by skole wat die NSS-kurrikulum aanbied, distrikskantore, die WKOD se Eksamen-kliënte-dienssentrum, sowel as op die WKOD se webwerf.
Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die Mei/Junie 2026 NSS-eksamen is Vrydag 6 Februarie. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’