OUDTSHOORN NUUS - Leerders van Bridgton Sekondêr het geskiedenis gemaak toe hulle op Woensdag 22 Oktober aan die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit se skolespelkompetisie deelgeneem het en daarin geslaag het om al die kategorieë te wen. Dit is die eerste keer in 16 jaar dat een skool al die kategorieë wen.
Die skool se span het uitstekend gevaar en met trots vyf trofeë huis toe geneem, insluitend dié vir die algehele wenner van die kompetisie.
Die wenners is:
• Graad 8: Marchel Esau (13)
• Graad 9: Ishawn Scholtz (15)
• Graad 10: Algernay Malgas (15)
• Graad 11: Rudolph Anthony (16)
Anthony was ook die algehele wenner van die kompetisie.
"Dit was regtig 'n ongelooflike ervaring. Dit is my laaste jaar wat ek hieraan kan deelneem en om die algemene wenner van die kompetisie te wees."
Volgens Algernay Malgas, wat in gr. 10 is, was dit haar eerste deelname aan so 'n kompetisie.
"Ek was baie senuweeagtig, maar ek het aan myself geglo en dit het gewerk!" sê sy.
Die leerders is afgerig deur Annique Goliath en Lee-Roy Olyn, wat hul spellers reeds in die vorige kwartaal begin voorberei het. Volgens Olyn is hy geweldig trots op sy leerders en beplan die skool om volgende jaar 'n spelkompetisie by die skool te hou.
Die skool se afrigters sê hulle is ongelooflik trots op die span se harde werk, toewyding en samewerking.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’