OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo het Saterdag 16 Desember hulle jaarlikse verwelkomingsveldtog buite De Rust gehou.
Volgens Corleen Barnard, toerismebestuurder, het hulle sakkies met onder andere 'n vakansiegids, 'n afslagpamflet en lekkernye uitgedeel.
"Ons verwelkom jaarliks vakansiegangers in ons streek. Ons doen dit saam met ons lede, die Oudtshoorn-munisipaliteit, munisipale verkeer en ook provinsiale verkeer."
Minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie, het ook besoek by die padblokkade afgelê.
Die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo het ook vroeër die maand die harte van ongeveer 50 kinders verbly toe hulle gesorg het dat elke leerder van Vrederust Preprimêr in Schoemanshoek 'n Kersgeskenk ontvang.
Volgens Barnard is dit ook 'n jaarlikse projek.
"Ons lede bring geskenke vir kinders na ons laaste netwerkaand van die jaar en ons deel dit dan by die skool wat ons identifiseer uit."
Lede wat vanjaar bygedra het was Buffelsdrift Game Lodge, Buffelsdrift Foundation, Surval Boutique Olive Estate en Cango Wildlife Ranch.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’