SKOLENUUS - Hoërskool Punt se 2024-matriekgroep was beslis een met visie en deursettings-vermoë.
Die matrieks kon daarin slaag om gefokus te bly. Die einddoel was om matriek te bemeester en dis nooit uit die oog verloor nie. Die eindresultaat was indrukwekkend.
Dit het weereens bewys dat goeie fondament in die onderrig van leerder deurslaggewend is.
Die pragprestasie van 'n 100% slaagsyfer is bereik. Boonop word 'n 90.5% Baccalaureus-vrystellingsyfer deur die matrikulante behaal, 3% meer as verlede jaar.
In totaal het 32 kandidate 'n A-gemiddeld verwerf, terwyl 391 A-simbole in die verskillende vakke aangeteken is.
Hoërskool Punt is die skool met die meeste leerders in die Eden-distrik, wat 'n 100% slaagsyfer behaal het.
Our matrics' marks are the result of years of hard work, perseverance and dedication.
To our learners:
Your achievements are a reflection of your determination and commitment. You faced the challenges of the matric year head-on, dedicating long hours to studying and making the most of every opportunity, including extra classes.
Your success today is well deserved, and we are incredibly proud of you.
Terwyl ons die Klas van 2024 toejuig, sien ons uit na hul toekomstige suksesse met die wete dat hulle goed voorbereid is om alles wat voorlê die hoof te bied.
Weereens, baie geluk aan die Klas van 2024! Mag dit die eerste van vele mylpale op julle reis na vele hoogtes wees.
The top matrics on the stage in the school hall.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’