Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Vandag, 14 Januarie, het die meeste graadeens in Oudtshoorn hul eerste skooldag met selfvertroue aangepak.
By Laerskool Laurus het die jong leerlinge trots hul klaskamers binnegestap, waar hulle hul juffrouens en nuwe maatjies ontmoet het.
Volgens SW Vorster, hoof van Laerskool Laurus, het die skool vanjaar ongeveer 80 graadeens.
“Ons kinders en personeel is baie opgewonde oor wat 2025 inhou,” sê Vorster.
SW Vorster
“Ons het nuwe personeel aangestel, en al ons onderwysers is gemotiveerd en entoesiasties om die skool vanjaar na nuwe hoogtes te neem.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’