OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se atlete het puik gevaar tydens die afgelope atletiek-byeenkoms.
Amanda Joubert is aangewys as die skool se junior victrix ludorum, terwyl Esti Hugget die senior victrix ludorum.
Lian Verwey en Dwayne Kammies is onderskeidelik as die junior en senior victor ludorum aangewys.
Daar is ook 'n hele paar rekords wat tydens die byeenkoms gebreek is.
Rekords gebreek:
- Amanda Joubert (dogters o. 15-rekord in die 400 m en 1 500 m)
- Ané Beste (dogters o. 17- rekord in die 800 m en 1 500 m)
- Stiaan van Wyk (seuns o. 14- rekord in 1 500 m)
- Equin Josephs (seuns o. 15- hoogspringrekord)
- Ezekiel Solomons (seuns o.15 100 m hekkies-rekord -84cm)
- Lian Verwey (seuns o. 15 rekord in die 400 m en 800 m)
- Dwayne Kammies (seuns o. 17 rekord in die 100 m en 200 m)
- Chanelle Bester (dogters o. 19 in die 1 500m)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’