OUDTSHOORN NUUS - Verskeie skole en leerders is tydens die Eden- en Sentraal-Karoo onderwysdistrik se NSS-toekenningseremonie vereer.
Langenhoven Gimnasium is as die topskool wat tegniese vakke aanbied, aangewys. Hulle het ook 'n toekenning ontvang vir hul 100% slaagsyfer en ook verskeie vaktoekennings vir beste in die Eden-distrik.
Langenhoven Gimnasium
- Conrad van Wyk ontvang die toekenning vir beste in meganiese tegnologie in die Eden-distrik.
- Megan Terblanche ontvang die toekenning vir beste in siviele tegnologie in die Eden-distrik.
- Jodi Potgieter ontvang die toekenning vir beste in rekeningkunde in die Eden-distrik.
- Jana-Mari Emmerich ontvang die toekenning vir beste in Tegniese wetenskappe en elektriese tegnologie in die Eden-distrik.
![]() Conrad van Wyk | ![]() Megan Terblanche | ![]() Jodi Potgieter | ![]() Jana-Mari Emmerich |
Hoërskool Oudtshoorn
Ambé Festus ontvang die toekenning vir beste presterende kandidaat in Duits Tweede Addisionele Taal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’