Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn se skoolhoof, Gerrit Rudolph, het Dinsdag met sy skool se matriekuitslae bekend gemaak. Die 2024-matriekklas het 'n slaagsyfer van 96.1%.
Volgens Rudolph het 62 leerders kwalifiseer vir graadstudies met 'n gemiddeld van 81.6% teenoor 2023 se 78.7%. Nege leerders kwalifiseer vir diplomastudies en twee leerders slaag met hoër sertifikaat kwalifikasie.
Die skool spog ook met vier A-kandidate, nege B-kandidate, waarvan drie kandidate baie naby was met 'n gemiddeld van 98%.
San Mari Pedersen is die skool se duxleerder met uitmuntende 87.86%. Sy het 86% behaal vir Engels, 90% vir Afrikaans, 80% vir Wiskunde, 82% vir Lewensoriëntering, 94% vir Geografie, 89% vir Lewenswetenskappe en 94% vir Toerisme.
Top-10
A-kandidate
- San Mari Pedersen (87.86% en 7 A's)
- Samantha Schoeman (83.86% en 7 A's)
- Marcha Wagenaar (82.57% en 8 A's)
- Christiaan Wheeler - 80.57%
B-kandidate
- Elisna Swart - 79.86%
- Ambe Festus - 78.14%
- Kiara Kivetts - 76.86%
- Chrisma Kotze - 76.57%
- Erin Trimm - 76%
- Beathan Joy Bruiners - 72%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’