OUDTSHOORN NUUS - Van Reede Skool in Oudtshoorn spog met 77 nuwe gr. 8-leerders, asook agt nuwe leerkragte wat by die skool aangesluit het.
Die nuwe leerkragte is aangestel in onderskeie grade.
• Annemie Badenhorst: wiskunde en wiskundige geletterdheid.• Alta Malan: natuurwetenskappe en tegnologie gr. 7 en natuurwetenskappe gr. 8.
• Andrew Heydenrych: Afrikaans gr. 4 en Engels eerste taal.
• Hanno Kotzé: gr. 4 tot gr. 10 liggaamsopvoeding en lewensvaardigheid prakties.
• Kyla Philander: musiek gr. 6 tot 9, drama gr. 7 tot 9 en liggaamsopvoeding gr. 10.
• Lize Terblanche: musiek gr. 4 tot 6 en kuns gr. 4 tot 5.
• Lezanne Potgieter: Afrikaans huistaal gr. 6 en Afrikaans eerste addisionele taal gr. 5
• Heylouise de Wet: Engels huistaal gr. 6.
Die nuwe leerkragte by Van Reede Skool. Agter van links: Annemie Badenhorst , Alta Malan, Andrew Heydenrych en Hanno Kotzè.
Voor Links: Kyla Philander, Lize Terblanche, Lezanne Potgieter en Heylouise de Wet. Foto: Louise Mouton
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’