OUDTSHOORN NUUS - Die tussenverkiesing op Oudtshoorn vandag verloop vlot en sonder voorvalle, met 'n groot aantal inwoners wat reeds hul kruisie by die stemlokale getrek het.
Uitslae behoort vanaand teen ongeveer 23:00 reeds bekend te wees.
Kiesers het tot vanaand 21:00 kans om vir die party van hul keuse te stem.
Die getal kiesers wat tot dusver reeds by die onderskeie stemlokale gestem het, is soos volg:
Wyk 4-stemlokale:
- By die Queen of Peace in Bongolethu het 759 inwoners reeds gestem.
- By Bridgton Sêkondere skool het 124 kiesers reeds gestem.
Wyk 5-stemlokale:
- By Katterjakkertjies voorskoolsentrum In Smartietown het 400 kiesiers hul kruisie getrek.
- By Sonskynhoekie voorskoolsentrum het 613 kiesers tot dusver gestem.
Dysselsdorp se syfers kon nog nie bekom word nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'