Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, het gistermiddag 'n gesprek met afgevaardigdes van verskeie organisasies gehou.
Die sakekamer, Afriforum, toerisme, landbou en die media was by die gesprek.
Die kern van al die kwessies was die huidige situasie van onmin binne die raad sowel as tussen die raad en senior amptenare. Dit is baie duidelik dat sommige raadslede skynbaar persoonlike agendas dryf en dat dit 'n groot rol gespeel het in die bedanking van twee senior bestuurders.
Bredell kon in sy hoedanigheid as minister nie reageer op politieke vrae nie. Hy het dit egter duidelik gestel dat sy departement nie gaan toekyk hoe dat dit wat die afgelope drie jaar in Oudtshoorn bereik is, deur mense met eie agendas ongedaan gemaak word nie.
Die Oudtshoorn Courant sal volgende week meer breedvoerig oor die vergadering berig.
Die voorsitter van Afriforum, Johan Conradie, verwelkom die minister, Anton Bredell (heel links) tydens gister se gesprek.
Lees 'n verwante artikel: Minister oor politieke krisis genooi
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'