OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die politieke stryd binne Kannaland se munisipale raad duur steeds voort.
Hierdie keer is die munisipale bestuurder, Reynold Stevens, en die hoof van finansies, Bennie Strydom, se aanstellings die onderwerp van onmin.
Stevens is op 1 Junie 2017 as munisipale bestuurder aangestel en Strydom het op 1 Julie 2017 die stoel as hoof van finansies ingeneem.
Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het na klagtes van Icosa regshulp ingewin om die wettigheid van hul aanstellings te ondersoek.
Ian Avontuur, woordvoerder van Kannaland se burgemeester, Magdalena Barry, het bevestig dat Bredell se kantoor bevind het dat daar teenstrydighede met hul aanstellings was en die regte prosedure gevolg moet word.
"Die minister het bevind dat daar mense op die aanstellingskomitee was wat nie daar mag wees nie," het Avontuur gesê.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'